My laaste blog… hopelik!

My laaste blog… hopelik!
My laaste blog… hopelik!

Ek het nou al ‘n paar blogs begin en elke keer word ek mismoedig met myself omdat ek nie gereeld inskrywings maak nie, of die rede vir die blog (soos gebedsgroepies om swanger te raak) word nie vervul nie en en en…

Nou het ek uiteindelik my rede vir bestaan gevind… die Moskabouters, my kleine twee kindertjies! Om ‘n ma te wees is wat ek nou doen. Dit is wie ek is, so hopelik kan ek nou hierdie blog hou en op hom bou.

Soms sal dit woorde van wysheid wees (gewoonlik in die middernag of wanneer ek te veel kaffiëne gedrink het) of dalk net oulike projekte met die kinders (deur die dag wanneer ek te veel Facebook) of dalk ‘n Bybelse waarheid of twee. Gaan lees die ‘Waaroor gaan dit nou eintlik” bladsy en ook die “Infertiliteit” bladsy, want dit is waar dit alles begin het, en groei dan verder saam met my!

About KraftiMama

A path that started with infertility, took me on a Natural Living journey, which took me on a crafty path with my now 4 year old Twins. Spending time with them is my favorite hobby and that aligns so well with my love for arts and crafts. Learning has become lots of fun in this house and it has naturally come to a homeschooling environment that I would love to share with you along the way.

Leave a Reply