Infertility

Infertility
Infertility

InsteadOfYourShame

This blog has changed so much since I started it and I think its finally moving into a direction where I can finally pinpoint what I am going to focus on. Even though it all started with my infertility, its now thankfully something of the past and I am focusing much more on motherhood now, so therefore I have decided to remove the page “Infertiliy” to a post on the home page so its still archived, but its not going to be one of the focus points anymore. Unfortunately its still only in Afrikaans and I doubt if I will have the guts to write it all over again in English but who knows what future may hold… for now, Afrikaans speaking friends… here is my Infertility Journey once again, just to archive. Thanks for your ever growing support!

Voorwoord 2011

Ek gáán ‘n ma word eendag, of ek nou geboorte gaan skenk aan my eie baba, en of ek nou iemand anders se babatjie gaan aanneem weet ek nie, maar ek gáán ‘n ma word.  So hoe word mens ‘n ma, vra ek jou?  “Maar dis eenvoudig,” sal meeste mense sê… “Slaap saam— boepens— baba, reg?”  “Wat?  Vat dit nie net ‘n maand om swanger te word nie?  Wat dan, soos twee, vier of ses maande?”  Gaan maar so aan vir miljuisende maande en dan is jy waar menigde vroue vandag is.  As jy die boek lees, is of was jy moontlik  alreeds daar.

Dit is die huiwering om hierdie tydsame proses te aanvaar wat veroorsaak het dat ek begin wonder het wat die rede is vir hierdie onaangename wagperiode.  Is dit moontlik dat daar ‘n rede is vir al die wag?  Miskien nie.  Miskien is daar iets anders verkeerd wat die dokters mis.  Of kan dit dalk miskien net wees dat daar ‘n groter doel is… ‘n groter prentjie aan die einde van dit alles?  Ek is geneig om so daaroor te dink, want dit help my om te voel of iets gebeur terwyl niks gebeur nie as jy weet wat ek bedoel…  Ek glo God beplan die weg vir die “awesome” geskenkie wat vir my wag.

Hierdie blog is my soeke, of eerder “journey” na die pad om ‘n ma te word.  Ek is nie ‘n taalkundige of ‘n boffen in die gebiede waaroor ek skryf nie, maar eerder ‘n gemene gesel in die ekspedisie wat so baie van ons, onsself in bevind.  Waaroor ek skryf, is dinge wat ek self ook nog deur werk en wat ek amper daagliks ook probeer verstaan.  Ek het geen plan of bloudruk vir hierdie blog nie… Ek skryf maar soos ek stap, so kom stap saam met my en kom ons kyk of daar dalk ‘n “method” is in al hierdie “madness”!

Waar dit alles begin het.

Ek het  nog altyd geweet ek wil ‘n ma word.  As kind het ek lekker kerk gebank om die tannies by die kindersorg te help babas “oppas”.  Seën die wonderlike vrou wat einlik na hulle gekyk het, want ek is seker ek het dinge eerder moeiliker gemaak as makliker, maar ek was altyd welkom.

Ek onthou ook hoe ek en ‘n maatjie met ons lewens- grootte baba poppe gespeel het en hulle vasgehou het, liefgehad het, gevoed het en gevoed het,  Dít is hoe ons gemaak is… hoe ALLE vrouens gemaak is.  Ons is gemaak om te “nurture” en “mother” en om om ‘n kindjie lief te hê en die belangrikste van alles; ons is gemaak om kinders in die lewe te bring!

Ek het nie op my laat wag nie hoor!  Die dag toe ek verloof geraak het, het ek al begin beplan aan die beste tyd om te begin met kinders.  So asof dit beplan kon word…  Ek en my man, Johan het verskillende tye in gedagte gehad, maar uiteindelik het ons ooreengekom dat twee jaar ‘n goeie tyd sal wees om te wag.  Jy weet… lekker tyd saam met mekaar sonder kinders— ‘n tyd van laf wees en skinny dip en gaan fliek tienuur in die aand.  ‘n Tyd vir ons, om mens te wees op ons eie.  Mooi beplan…  As ons maar net geweet het wat vir ons voorlê.  Jare se leer- ken- mekaar was oppad om te volg!

Die vreugde en die diepste seer.

Aan die begin was ons heel opgewonde!  Die dag het aangebreek… 19 Maart 2007 begin ons toe probeer om swanger te raak.  Ek doen alles… van basale liggaams temperatuur meet tot servikale mukus toets… jy druk en voel aan alles om die tekens van ovulasie wat hulle op die internet van praat raak te sien.  Óf hulle weet nie waarvan hulle praat nie, of ek weet nie mooi hoe om te kyk nie want niks van my stem ooreen nie. Maar ek gaan maar aan… hoe moeilik kan dit nou wees?  Elke maand is jy seker jy is swanger.  Jy google al die tekens van swangerskap en jy druk en voel weer aan alles tot jou boobs regtig seer is.

So ‘n jaar gaan verby en ek kry toe ‘n ovulasie toetsertjie by ‘n vriendin… sy behoed voor en ek beplan voor…  Nou toets ek.  Jy spoeg in ‘n klein mikroskopie en dan kyk jy na ‘n vergroting van dié spoeg.  Sies.  Maar ek doen dit maar!   Ek meet temperatuur, ek toets mukus, ek voel hoe hoog sit daai serviks en ek spoeg.  So gaan ek aan vir maande… Temperatuur, mukus, serviks, spoeg… Ek is seker my spoeg ding wil nie werk nie want hulle se ek moet varingkies sien en ek sien net spoeg blobsies.

Uiteindelik reken ek dit is tyd om weer my ginekoloog te gaan sien.  Maar nou moet jy weet, ek het nou al ge-google dat my rekenaar nie meer ‘n ander blad ken nie.  Ek tik sommer iets anders in en dan val dit op ‘n ferteliteits- blad.  Nou het ek al alles opgelees oor PCOS (Poly Cistic Ovary Sindrome) en ek reken ek sit met dieselfde probleem.  Op skool het ek immers slegs elke kwartaal gemenstrueer en gedink dit is wonderlik, want ek het daagliks sport gedoen so ek wou nie nog sukkel met menstruasies nie.  Maar iewers in my agterkop het ek toe al gewonder of daar nie dalk iewers fout is nie…

So terug by die “gynie” kom ek met volle oortuiging, maar vra maar so heel ordentlik of ek nie dalk PCOS het nie.  Sy sê nee, en dat mens nie sommer so kan sê nie, en dat daar heelwat ander toetse is wat mens moet doen om dit te kan bepaal… Ek is fine.  Goed, ek gaan toe maar aan.  So het ek menigte male vir die “gynie” gevra of ek nie dalk PCOS het nie, maar altyd was die antwoord nee.

Na twee jaar een aand toe ek en Johan die baba- dans doen, begin ek huil.  Hy vra wat is vout en ek sê vir hom dit het tyd geword, ek is swanger!  Vir twee weke hou ons, ons in maar ek weet dit.  ‘n Bonatuurlike moeg oorval my en soos ek my kop op ‘n tafel neersit om bo te bly, sê my skoonma Annalien vir my “Mmmm né!”  Sy weet dit reeds, ek is swanger!  Ek gaan vir bloedtoetse en dit word bevestig… die dokter sê dit is nog baie vroeg, seker so drie tot vier weke, maar dit maak nie vir my sin nie, want dit moet nou vyf weke wees, maar ek steur my nie aan die lae HCG tellings nie, want ek is swanger!!!

Junie 2009 was seker die beste en die slegste jaar van my lewe.  Ek laat weet ALMAL want ek is SO ongelooflik opgewonde, en na menigte vriendinne se miskrame het ek myself belowe dat ek dít nie sal vrees nie, so dit is nie ‘n opsie vir my nie.  Ek is swanger en ek gaan ‘n baba hê!  Die eerste week was hemels.  Ek en Johan is in die wolke, maar iets voel nie vir my reg nie.  Ek sit dit in my agterkop en ek sluit dit toe in ‘n donker- gedagte- kamer.  Ek gaan ‘n baba hê, gaan ek nie?

Ek kry oulike persentjies want almal is so baie bly saam met my, en ek weet dit is ‘n seuntjie.  Ek voel dit binne my, nes ek geweet het ek is swanger tydens die baba- dans.  Maar die vreugde was van korte duur.  Elke keer as jy badkamer toe gaan doen jy ‘n “nicker check” en na die honderdste “check” vind ek toe wat ek nie wou vind nie… ek het begin bloei!   Ek probeer om nie te bekommerd te raak nie en maak weer ‘n afspraak by die dokter.  Alles lyk reg en ek kry selfs ‘n foto van my kosbare rys-korreltjie. Hy is beeldskoon mooi vir my!  Bleikbaar bloei baie vroue deur hul swangerskap, ek het niks om oor bekommerd te wees nie.  Vier weke sê die dokter, maar ek weet dit is vyf, volgens die eerste dag van my laaste siklus.  Die dokter sê ek moes ‘n vout gemaak het, maar ek het nie.

Ek is in ‘n permanente staat van euforie en kan my vreugde nie inhou nie!  Ons moet Los Angeles toe gaan vir werk en ek maak seker by die dokter dat dit sal reg wees om te vlieg.  Dis alles in die haak, vroue mag net nie later in hul swangerskap vlieg nie, want dan kan hul enige tyd begin kraam, maar die kajuite is “pressurised” so dit is geen probleem nie.

Ons vlieg en alles gaan goed, maar ek bloei nogsteeds.  So ‘n paar dae later begin ek hewig te bloei en dit raak baie seer.  Ek sê vir myself niks is vout nie, alles sal reg wees.  Ek weet ek kry ‘n miskraam, maar ek glo myself nie.  Ek loop kilometers per dag in pyn en maak of ek niks voel nie.  Ek verloor my baba in ‘n publieke- strand- toilet op Venice Beach.  Ek sê vir Johan ons moet aanstap, ek dink ek sien straat- toertjies daar voor… Ons kyk hoe ‘n man op glas loop en gaan eet ‘n roomys op die strand.

‘n Week later kom ons terug in Suid- Afrika en ek is terug by die dokter.  Ek het my baba verloor.  Ek voel niks… ek huil, maar dis net trane en ek gaan aan.  Ek besluit toe om na my ma toe te ry om persoonlik die nuus te gaan oordra, want ‘n foon is tog so onpersoonlik.  Oppad vanaf die Kaap na Robertson, op die Worcester pad raak dit toe donker, en ‘n dronk vrou loop voor my in voor ek haar kon sien.  My hele liggaam het in skok gegaan en ek kon sklielik nie onthou hoe om die sleutel uit my kar uit te haal nie.  Na ‘n paar sekondes se sukkel het ek paniek bevange geraak dat iemand die vrou sal raak ry, want sy het teen my windskerm en bo-oor my kar gevlieg, so nou lê sy in die pad.

Ek los toe maar alles net so en hardloop so vinnig soos my voete my kan dra na haar toe, maar ek hardloop snaaks, want my bene is jellie.  Toe ek by haar kom, was ek seker sy is dood want sy lê soos daardie kruit- buitelyn prentjies op die televisie op ‘n crime scene.  Alles wat ek altyd gedink het ek sal doen in ‘n noodsituasie was by die deur uit… ek het langs haar gaan sit en skree Nee! Nee! Nee!  Op die manier wat sy gelê het, het dit gelyk of sy dood is.  Voor my het ‘n dooie vrou gelê en ek het haar raakgery.

Soos ‘n engel uit die hemel kom daar toe ‘n man aangehardloop.  Hy kom met al my besittings wat in die kar was, want mense het dit uit my kar gesteel toe ek dit oop gelos het, maar hy het alles vir my terug gekry!  Hy neem my toe eenkant en maak reëlings saam met my, maar voor ek my kon kry was hy oppad terug na sy kar waar sy vrou en skoonma sit en self in skok was omdat hulle dit alles sien gebeur het.  Terwyl ek nog op die foon praat voel ek ‘n skielike pyn in my arm… iemand slaan my!  Ek draai om en sien ‘n kort tannie met vuiste wat my boks.  Ek stamp haar net aanmekaar weg, maar sy kom agter die boks- ding werk nie en sy begin klippe optel… groot klippe!  Net soos jy dink ek by die tyd ek droom, maar ek word nie wakker nie, dis werklikheid die.

Nog ‘n engel wat van die plakkerskamp af wild nes sy hare aan gehardloop gekom het en intussen vir my gesê het die vrou leef nog, kom vat my aan die arm en sê ek moet liewer in die kar gaan sit.  Toe ek in die kar sit, begin die vrou daardie groot klippe teen my Mercedes gooi.  Dit dra by tot skade.

By die tyd kon ek nie meer reg dink nie… adrenalien hardloop teen honderd kilometer per uur deur my are en terselfde tyd voel ek lam… my kop draai.  Ek is seker sy gaan my doodmaak.  Johan bel en ek antwoord: “Liefie help my ASSEBLIEF sy gaan my dood maak, hier is ‘n vrou wat my wil doodmaak” (Later hoor ek dat ek eintlik vir hom gebel het)  Arme Johan “freak” uit en bel sy ouers.  Iewers het ek my pa ook gebel en gese hy moet ‘n ambulans kry en die polisie want hier is ‘n vrou wat my wil doodmaak.  Johan spring dadelik op ‘n vliegtuig van Johannesburg af.

Intussen maak ek seker dat my kop onder die venster-vlak is, maar ek is vrees bevange dat sy iewers te midde van haar dronkenskap ‘n kolskoot gaan vuur en dan is die klip deur die ruit en bo op my.  Ek kyk na die bloedkol op die stukkende windskerm en my lewe flits verby my.  Na so ‘n rukkie begin sy moeg raak en gryp hande vol grys en gooi die kar daarmee.  ‘n Blink oomlik van bo af oorval my en ek dink toe by myself, a nee a, so kan dit nie aangaan nie en voor ek myself kon kry, klim ek uit daardie kar uit en ek loop met ‘n spoed na haar toe en skree: “Hou op, ek gaan jou d*nder!!!”  Daar hardloop die antie vinniger as wat ek gedink het sy kon terug na haar huisie, al laggende na die plakkerskamp!  Later het ek uitgevind sy is die ma van die vrou wat raakgery is en omdat sy dronk was het sy gedink dit is my skuld dat ek haar dogter raakgery het en sy was maar net so “confused” soos ek.

Dinge gebeur stadig en ek kry toe tyd om te begin rustig raak.  Die vrou kom intussen by maar sy lyk maar sleg.  Later het ons uitgevind sy het haar been en altwee haar “sitting bones” gebreek.  Toe my pa en ma daar aankom het ek gevoel soos ‘n skrikkerige kleuter wat vir die eerste keer van ‘n nuwe skool af gehaal word.  Ek vertel wat gebeur het, en skielik begin ek kontraksies kry… kontraksies???  Die skok het uiteindelik begin inskop.  Ek huil oor my baba en my ma  probeer my kalmeer en sê:”Wees rustig, onthou die baba” ek huil meer en vertel haar dat ek klaar die baba verloor het en dat ek juis oppad was om hul te kom sê.

Dit het my twee jaar gevat om op te hou kontraksies kry as ek skrik, en elke keer as iemand net te naby aan ‘n sypaadjie geloop het, het ek kontraksies gekry… Die miskraam het my bygebly…  Dit was deel van my wese en dit wou nie weggaan nie.

Dit sal gou weer gebeur.

Ons begin dadelik weer probeer en almal sê dit gaan sommer vinnig weer gebeur.  Ja natuurlik, want daar is mos niks fout met my nie.  Ek glo hulle.  Niks gebeur nie.

Ek sien weer die “gynie”.  Ek vra haar weer tydens ‘n sonar of sy seker is ek het nie dalk PCOS nie. Ja, sê sy, kyk, daar sit hulle en ek het al die simptome.  Lyk my sy het intussen ook meer geleer van PCOS en my kop stroom vol vrae, maar ek is ordentlik en maak of dit nou vir my ‘n openbaring is, en ek is maar net te bly, want uiteindelik het ek ‘n verklaring van wat aangaan.  Dit is hoekom my temperatuur- mukus- serviks- spoeg- ritueel nie werk nie, want ek ovuleer nie gereeld nie.  Party maande is my siklusse sommer 65 dae, maar oor die algemeen is dit 36 dae.

In 2010 het ek besluit om aan te sluit by ‘n ondersteunings- forum op die internet.  Dit doen my goed, want in die wereld hier buite het dit begin voel of niemand regtig verstaan waardeur ek gaan nie.  Mense dink hulle doen goed deur vir my te sê dit sal binnekort gebeur “jy sal sien”.  En elke verjaarsdag, Kersfees, Moedersdag en Nuwejaar wens almal jou ‘n “bondeltjie vreugde” toe en dit begin seermaak.  Mense vertel van hulle hartverskeurende ses maande van probeer om swanger te raak en sê dat hulle presies weet hoe ek voel, want hulle het dit amper nie oorleef nie.  Hulle weet nie hoe ek voel nie, maar ek weet hulle probeer.

Almal sê ek moet ontspan en ophou dink daaraan, dan sal dit gebeur.  Dan is dit seker my skuld dat dit nie gebeur nie?  Ek hou op dink daaraan.  Niks.  Iemand sê hulle het vriende wat swanger geraak het toe hulle aangeneem het, miskien moet ek dit doen ha ha ha.  Ek lag en vra myself af of dit normaal is dat ek dit vir ‘n sekonde oorweeg het om ‘n kind aan te neem sodat ek kan swanger word.  Ek besef dat ek naas enigeiets sal doen om ‘n kind te hê, maar gelukkig het ek nog ‘n gewete.  Mense is simpel.  Hulle weet nie wat om te sê nie en dan praat hulle nonsens.  Bly liewers stil.

Oor die jare het baie sulke woorde gevolg.

Dit gebeur toe nie gou weer nie.  Vier jaar later besluit ek om behoorlik ondersoek in te stel.

VITALAB

Die eintlike begin.

In Desember 2010 ontmoet ek vir Dr. Volschenk.  Hy is briesend kwaad omdat dokters goed kwytraak en dinge sê waarvan hul nie weet nie, maar hy verbloem gou sy woede om proffessionele redes.  Ja ek het PCOS, maar ons moet nóg ondersoek instel.  Ons trek bloed dat ek soos ‘n “junkie” begin lyk.  My polse is pimpel pers en hulle kom nog in opstand ook nog, want almal sukkel hulle alies af om bloed uit my uit te kry… later gebruik hulle maar die bokante van my hande.

Ek gaan vir ‘n HSG waar hulle “dye” in jou buise inspuit om te sien of dit oop is… Alles is oop. Johan moet ‘n monstertjie maak dat ons kan sien of die hoeveelheid, spoed, vorm, kwaliteit en nog wat van sy soldaatjies reg is en ek moet vinnig daarmee tussen my “boobs” na die laberatorium ry, want dit moet warm bly, anders gaan hulle dood. Ek kom daar aan met ‘n rooi gesig en die botteltjie in my hand… “Waar moet ek uhm… hierdie heen vat?”  Die suster sien my pyn soos duisende ander per dag en wys my vinnig na die ontleders toe.  Alles is reg.  Johan is nie die probleem is nie.  Ek is, en ek voel soos ‘n mislukking.

Ons doen ‘n “post coital” toets om te sien of my omgewing nie dalk geweldig is teenoor die swemmertjies nie.  Gelukkig hoef hy nie die keer ‘n monstertjie te maak nie, maar ‘n oggend afspraak word gemaak en ek en Johan moet om presies elfuur daardie aand die baba- dans doen.  Ons wag verveeld tot elfuur en doen die ding.  Die volgende dag word roetine vrae gevra… ja ons het “coitus” gehad gisteraand (bloos) ja dit was elfuur en nie ‘n minuut vroeër nie (bloos).

Ek moet oop bene lê en mukus word getrek en op ‘n mikroskoop gesit wat na ‘n skerm toe gaan wat dit hoeveel keer vergroot.  Wragtig, die swemmertjies is perd fris en gesond!  Ons sien hoe hulle soos paddavissies verward rondswem, want hulle was eintlik oppad na ‘n eier toe en nou weet hulle nie waarnatoe nie.  Dit voel of ek die helfte van ‘n moontlike lewe vir die eerste keer op ‘n sonar sien en ek kry trane in my oë.  My God is asemrowend!!!  My omgewing is vreedsaam… dankie tog!  Ons besluit om sommer ‘n “timed-cycle” te doen aangesien ek elkgeval so baie daar moet wees en ons kombineer sommer die scans en al.  Ek kry inspuitings en pille en stuff en ons scan elke tweede dag om te sien hoe die follicles groei.

Ons kry ‘n ovidrel “trigger” wat ovulasie aanmoedig en moet weer op ‘n sekere tyd baba- dans.  Twee follikels het gegroei so ek mag dalk ‘n tweeling hê.  Ons is baie hoopvol!  Ek moet drie liter water ‘n dag drink… Ek drink en ek drink en ek drink, maar dit is tevergeefs, want die resultate is negatief.  Ek is nie swanger nie.  Ek gaan nie ‘n baba kry nie…  Gaan verby “Go”, moenie jou baba optel nie en gaan sit maar weer in die tronk tot jy uit gebail word.

Dit het my baie swaar getref.  Hoekom weet ek nou nog nie… ek dink die hoop en die geloof bou so groot op dat jy oortuig is daarvan dat dit gaan werk.  Jy doen mos nou iets anders wat jy nog nie vantevore gedoen het nie… dis eintlik fool proof!  Ek sê vir Dr. Volschenk ek sal hom bel as ek weer by dag twee is, want dan begin mens weer van voor.  Ek bel hom nie op dag twee nie, ek besluit om eerder ‘n lang breuk te vat, want dit het te veel van my gevat.  Hoe doen die ander girls op die forum dit? Ek weet darem nie…

In die tyd wat volg hou ek my pro-aktief besig deur kennis op te doen by die girls oor alles.  Ek raak lief vir die girls want ons verstaan mekaar.  Daar is allerhande akronieme vir woorde…

TTC – Trying to Conceive

DH – Dear Husband

AF –  Aunt Flo (en dikwels “The Witch” genoem wat verwys na menstruasie, want almal wat derduisende rande spandeer aan behandeling haat dit as Aunt Flo opdaag… dit beteken dis negatief en al jou geld is weg)

FS – Fertility Specialist

IUI – Intra Uterine Insemination

IVF – In Vitro Fertilisation (In Vitro = In Glass)

BFN – Big Fat Negative 🙁

BFP – Big Fat Positive 🙂

2ww – Two week wait (Time from ovulation/egg transfer to Pregnancy test)

Sommige meisies strooi “baby dust” en ander spring op hul perdjies daaroor.  Ek hou ook nie so baie daarvan nie… gaan strooi asb. Jou “baby dust” op ander plekke, ons probeer nou al lank en “baby dust” werk nie.  Almal post “I believe your time will come soon.”  Ons ruil mooi hoopvolle woorde uit en dit begin my irriteer.  Een vir een gradueer meeste van my vriendinne van ons “ttc tea room” na die “preggo room” en die “mamma’s room”.  Ek voel nou by die tyd al regtig soos ‘n mislukking.  Vrouens wat ook gesukkel het soos ek raak nou al swanger en ek voel of ek die enigste een is wat oorbly.  Ek begin om negatief daaroor te raak en ek onttrek heeltemal daarvan.

Ek besluit toe ook daar kan nie ‘n God wees nie.  Almal mors hulle tyd en ek wou mense wakker skud en hulle laat weet dat dit een van die grootst conspiracies in die wêreld is… Word wakker mense en gaan aan met jul lewens!!!  Na ‘n lang struggle en baie vergifnis vra het ek darem weer besef ek kan myself nie bluf nie.  Jesus is so in my diepste wese ingeweef dat ek nie ver van Hom af kan weghardloop nie.

Nog toetse… histeroskopie en laparoskopie en ‘n timed cycle volg en voor dit maak ek ‘n babygrow met beloftes op om aan vas te hou.  Toe nou nie. Dis negatief… hoekom sal dit nou maklik wees???  Ek hou maar die babygrow met die beloftes en hy hang vandag nog aan Pieter en Hanlé se kas!

BabygrowTweeling

Die reënboog is ‘n lang storie, maar kom daarop neer dat mense soms drome gehad het van my wat swanger is of ‘n baba het.  Soms was dit random mense wat nie eers geweet het ek probeer nie en selfs Johan se oupa wat roem daarin dat hy nie droom nie, het eenkeer gedroom ons het ‘n tweeling.  Ek het eendag ervaar dat God vir my sê, elke keer as iemand droom ek is swanger, of dat ek kinders het, dit ‘n teken sal wees, soos die reënboog.  Interressante ding is dat ek dit amper nooit self gedroom het nie! Die DREAMS aan die regterkant bo is ook ‘n herinnering daaraan.

Die HEART wat links bo is, is ‘n herinnering wat ek al 13 jaar terug aan myself gemaak het “I’ll follow heart after You” met hart en siel en liggaam en gees, en die vraagteken wat doodgetrek is, is ‘n nuwe byvoeging wat ek op ‘n stadium besluit het om te maak aan my vrae in my kop- “No questions asked!” Ek was moeg vrae gevra en die antwoorde het ook nie meer nie saak gemaak nie, want God weet wat Hy doen… Hy is wie Hy sê Hy is en Hy kan doen wat Hy sê Hy kan, NO QUESTIONS ASKED! Here dankie dat ek weet U weet wat U doen en U het my best interest at heart!

Die name Elizabeth, Abraham & Sarah, Hannah, Rachel, Rebekah en Simson se ma is die vroue in die Bybel wat volgens die woord infertiel was maar na ‘n gepleit by God is elkeen van hulle ‘n kindjie of meer gegee. Abraham is by Sarah omdat hy ook ‘n herinnering is aan die belofte dat ons kinders van Abraham is en val onder sy seëning.

Die versies is elkeen iets wat iets spesiaal vir my beteken of woord wat iemand vir my gegee het. Die middelste een “For nothing is impossible with God” is seker die eenvoudigste, maar iets wat dubbel en dwars belangrik vir my is.  Een dag sit ek en Johan in die kerk en voor die diens begin die pastoor bid vir vroue wat sukkel om swanger te word en hy nooi ons almal vorentoe.  Ek wou nie gaan nie, en loer Johan so van onder af soos ‘n stout kind, maar hy por my toe aan en daar gaat ek. Die pastoor bid (daar was seker 10 vrouens!) en ek loop toe terug.  Toe ek gaan sit, tik ‘n oom my van agter af en punt met sy vinger na ‘n versie, maar net daar ys ek, want die oom lyk toe op n druppel soos Johan se oupa Corrie wat net ‘n paar maande voor dit oorlede is (Johan het dit ook gedink). Die oom se maniertjies was ook dieselfde, hy sê niks, hy wys net met sy vinger.  Ek sê toe dankie en ons klim na die tyd in die kar oppad huistoe en Johan sê vir my: “Maar wat is dit met ons Oupas en die tweeling ding?” (Want sy Oupa Johan het mos gedroom) Ek sê : “Hoe nou?” Hy sê toe dat hy gelees het daar staan iets van tweelinge.  Ek sê hom toe dat ek gelees het daar staan “For nothing is impossible with God.”  Maar hy staan toe vas by wat hy gesien het.  Na die tyd gaan slaan ek toe na, oral waar die “impossible” versies is, maar nêrens kon ek iets van tweelinge bo of onder dit kry nie, so ek glo tot vandag toe dat Johan dit gesien het in sy geestesoog.  Of ons nou ‘n tweeling sou hê, en of dit net ‘n dubbele seëning sal wees soos in Jes 61:7 wat ek ook op ‘n ander stadium ontvang het, het ek nie geweet nie, maar die getal 2 is definitief relevant in ons storie en ek sou nog uitvind hoekom, want ons gaan nog ‘n baba hê en dan sal ek sien! (Jes 61:7 “Instead of your shame, you will have a double portion. Everlasting joy will be yours”)

Die beste van alles is, dat hulle so ‘n jaar later daardie ‘brood’ kaartjies uitdeel met die versies op in die kerk, en sê toe dat dit ‘n bedienings geleentyd is, en dat as die kaartjie jou aan iemand laat dink, moet jy dit vir daardie persoon gee. Glo dit of nie, maar net daar staan daar ‘n vreemde vrou voor my en gee vir my die kaartjie, en wat staan daarop… For nothing is impossible with God… dieselfde versie as wat ek in die Oupa Corrie- Oom se Bybel gelees het daardie dag! Dit was ‘n teken en ‘n herinnering dat ek daardie woord moet ernstig opvat! En agter op daardie kaartjie, toe ek hom omdraai staan Joh 14:18 “I will not leave you comfortless: I will come to You.” Dit het my ook laat besef ek hoef nie bekommerd te wees nie en ek hoef nie meer te dink wat ek alles kan doen nie.  Ek kan doen wat ek wil, maar in geloof want Hy gaan my kom ontmoet daarin.

Oops… There you go!

Ek het mos nou al gesê mense het ‘n gewoonte om vir ons arme sielietjies wat so sukkel te sê “Moet net nie daaroor dink nie, dan sal dit gebeur wanneer jy dit die minste verwag, jy sal sien” Dit volg ook gewoonlik met “My vriendin se broer se skoonsuster het… (bla bla bla) … en toe word sy swanger, kan jy glo!” In plaas van om te se Ja, ek kan dit glo want ek het al amper 100 sulke stories gehoor, sê ek maar net altyd “haai regtig, wow dit is soos jy sê.” Daar is ‘n hele chatroom oor “wat om nie te sê nie” op die forum waaraan ek behoort, maar wat sal dit nou help? Dit is immers ons wat die probleem het daarmee, nie die arme vriende en familie wat tog net iets probeer sê, want wat sê jy nou na 2, 4, 6, 8, 10 jaar?

Ek kry een middag so lekker lag soos ek in dr. Volschenk se spreekkamer sit, in afwagting om ons plan van aksie te hoor.  Ek lees ‘n vrou, Beth Ditto se antwoord op haar suster se aanmerking: ” My sister was like: “You’re never going to have a baby if you think about it too much!”…  But I have to think about it. I can’t just lay down and be like, oops, there you go!” Verbeel jou dit… no worries… oeps, there you go… en net so word mens swanger!

Ons stap toe aan na dr.V se spreekkamer.  Hy lê die feite op die tafel… dit gebeur nie vir ons nie.  Ons is jonk, daar lyk nie te veel fout nie, maar tog kry ons dit nie eers met hulp reg nie.  Daar moet iets anders fout wees en die beste wat ons kan sien wat is fout, is om ivf te doen sodat ons ‘n bietjie kan kyk wat gaan aan met daardie eierselletjies.  Ons kry ‘n paar keuses… een of twee eierselletjies?? Een het ‘n ?-50% kans om te werk, maar twee het ?-55% kans om te werk.  In die infertiliteits wereld is daardie 5% baie, so dit is iets om te oorweeg, maar in my ouderdomsgroep het ons ‘n 47% kans dat dit ‘n tweeling kan wees as ons wel swanger is… eks nie bang nie…  Net soos hy oppad is om ons uit te stuur met besluite, sê Johan: “maar Els is nou by dag 1, en ivf moet jy op dag 2 begin, so kan ons nie sommer die maand wegval met ivf nie?”  Oeps, there you go… ons doen toe ivf daardie maand!  Ek kon dit amper nie glo nie… in 1 uur het ek van ekstase na vrees na stres na naar gegaan! Sênou dit werk nie, maar sênou dit doen…!

Ons sit met ‘n pakkie instruksies… volgende dag weer scan om te sien of ons wel kan voortgaan met die ivf (daar mag geen sists wees, die baarmoeder wand moet heeltemal dun wees om mee te begin en, en, en ) Dan kry ons inspuitings en medikasies (wat Johan vir my moet inspuit elke dag) en die week volg met scans en scans.  Ons hoop dan om baie eierselle te kry sodat hulle genoeg kan kry om van te kies.  Die beste kwaliteit word gekies en gewas.  Die sperm monster word ook gewas en duisende word saam met die eierselletjies in ‘n petri dish ingesit sodat die beste mannetjies steeds eerste kan wees.  Dit word dopgehou en na die selle ge-fertiliseer het en begin verdubbel, vat hulle die beste een/twee en dit word teruggeplaas in my baarmoeder.  Ek kan amper nie glo inplanting is al wat nodig is nie… selfs my hormone word tot uiterste spesifikasies beheer sodat alles perfek is. AL wat nodig is, is inplanting, en tog werk dit nie altyd nie, of ‘n miskraam gebeur kort na dit gewerk het.  Ons en ‘n hele lot van my vriendine en familie BID dat dit so klap!

Ek dink: “Oops, here we go… hopelik is dit binnekort “oops, here we go en dan is ek swanger” of is dit dan “oops we did it again?”

Die dag kom en hulle stuur my weg met ‘n pers coolbag vol pille en inspuitings en medisynes waarvan Johan elke dag 3 moet meng en my inspuit.  Ons besluit om 2 in te sit… wie’s bang?  Uit die 16 Follikels kry ek net 7 eierselle waarvan net 6 fertliseer na embrios. Binne 3 dae verloor ons 4 en besluit om die orige twee in te plant.  Al wat oor was, was ‘n gefragmenteerde 8 sel en ‘n baie gefragmenteerde 6 sel en ek begin huil want dit gaan nie werk nie!  Die twee embriotjies word ingeplant en 3 weke later vind ek uit ek is swanger! Prys die Here my God van Hemel en Aarde, ek is SWANGER!!!!  En toe is daar twee… Groot was die verrassing toe ons op 7 weke uitvind dit is ‘n tweeling… hoekom weet ek nie, want daar was so baie woord wat aandui dat dit ‘n tweeling sal wees, maar mens kry mos na jare jou bedenkinge!

_MG_3669 copy 553533_10151391479385991_2089216714_n

Ek op 32 en 34 weke.

My Wonderwerkies…

Na ‘n kort maar kragtige en redelike maklike swangerskap begin ek toe redelik ongemaklik en seer raak op 36 weke. Ek wag tot ek die kontraksies kan “time” maar dit bly net die heeltyd seer en word nie beter nie en daars niks om te time nie. Op die 5de dag begin ek vreeslik erg seer hê en ons ry toe toevallig verby my hospitaal en ek sê vir Johan hy moet sommer hier inry dat ons net kan seker maak alles is reg.  Ek lê stil op ‘n stok-reguit tafel met die masjiene aan my gekoppel vir ure (ok dit was seker tussen 30min en ‘n uur) en toe was ek sowaar in kraam, maar my kontraksies wou nie laat los nie!  My gynae sê ons sal die babas dadelik moet uithaal want die plasentas staan in gevaar om los te skeur!  Daar gaat ek en oops, there you go… ek kry my tweeling op 37 weke!  Dit was die ongelooflikste ervaring van my hele lewe… Daardie eerste klein skree toe Hanlé uit is- soos hemelse klanke was die mooiste ding vir 2 min tot Pieter uit is en ek dit weer kon hoor.  Ek het dadelik geweet my lewe sou nooit weer dieselfde wees nie en ek love dit!  Ek het uiteindelik my rede vir bestaan uitgevind… ek is ‘n mamma… uiteindelik.

_MG_3680s _MG_3687s _MG_3843s 525013_10151465229540991_633989289_n 61779_10151458099140991_1972553586_n 223475_10151458097535991_129364017_n

3 Responses »

  1. Pingback: Infertility | Mother in the Making... Naturally

Leave a Reply