Resensie Besige Breintjies Loodspakkie

Resensie Besige Breintjies Loodspakkie
Resensie Besige Breintjies Loodspakkie

Besige Breintjies, Crafts, Toddlers, Kids activities, HomeschoolingEk was so gelukkig om ‘n loodspakkie van Besige Breintjies te ontvang! Ek was nou regtig beïndruk met hierdie pakkie. Alles word voorsien van wit bladsye tot verf… behalwe een of twee dinge soos papierborde en ‘n skêr. Selfs ‘n oulike voorskoot word voorsien, kan jy glo!

Besige Breintjies, Crafts, Toddlers, Kids activities, Homeschooling

Aangehaal uit die webtuiste: “Besige Breintjies is ‘n program wat saamgestel is vir die besige mammas en pappas wat iets besonders saam met hul kind wil geniet. Ons rus jou op ‘n praktiese manier toe om die meeste te maak van die tyd wat jy saam met jou kleinding spandeer. Elke Kuierboks bied jou 6 maande se aktiwiteite en toerusting.

Die program is ontwerp om jou kind se intellektuele, sosiale, fisiese en emosionele welstand te bevorder deur een-tot-een interaksie tussen jou en jou kind. Dit is uniek in sy soort en is in samewerking met Lizette van Huyssteen, skepper van die gewilde Practica program, ontwikkel.”

Hierdie wonderlike program het die pragtigste grafiese ontwerp met kleurryke dromerige prentjies wat ek nog van sy soort gekry het met ‘n oorsprong in Suid-Afrika. Dit is baie besonders goed uiteen gelê en vat jou net pngeveer 5 min om te lees en n paar minute om uit te voer- net wat ‘n besige mamma nodig het!

Besige Breintjies, Crafts, Toddlers, Kids activities, Homeschooling

Die program ontwikkel die volgende vaardighede:

  • Wiskundige Grondslag
  • Voorbereidende Leesvaardighede
  • Spraak- en Taalontwikkeling
  • Wetenskapsgrondslag
  • Kuns- aanvoeling
  • Visuele Waarnemingsvaardighede
  • Lewensvaardighede
  • Handvaardighede
  • Luistervaardighede
  • Uitvoerende funksie
  • Sportvaardighede
  • Emosionele intelligensie

Elke aktiwiteit het ‘n maklike gids om jou te verduidelik watter vaardigheid elkeen ontwikkel.

 

Uit die pakkie is hierdie my gunsteling aktiwiteite:

  • Speel met patrone: Ryg knope

Ek was verbaas hoe maklik 3-jarige handjies kon ryg! Soos jy kan sien op die boonste foto links, is alles nie perfek geryg nie, maar ek was baie verbaas om te sien dat hy outomaties ‘n patroon van geel, geel; blou, blou; rooi, rooi; geel, geel gevolg het sonder dat ek nog patrone uit die boks aan hom bekend gestel het.

Moet wel nie dink elke kind sal dit so doen nie, soos gesien op die onderste foto het my dogtertjie maar net geryg sonder om ‘n spesifieke patroon te volg.

  • Speel met patrone: Maak ‘n “voetafdruk met vlerke”:

Hierdie aktiwiteit was so baie pret, ons het sommer een vir elkeen van ons oumas en oupas ook gemaak!

 

  • Wurms met stempels en verf

    Ek  het bietjie hehelp hier en daar, maar dit is duidelik waar nie gehelp is nie… soms moet mens hulle vrye teuels gee dat hulle kreatiwiteit kan ontwikkel!

 

  • Lees saam aan ‘n rympie

Besige Breintjies, Crafts, Toddlers, Kids activities, Homeschooling

Hierdie was my en my seun se gunsteling aktiwiteit. Dit was soveel pret om die rympie te lees en die kleure te pak… wat ‘n slim idee om kinders te leer lees van links na regs!

 

  • Ekstra pret met die leesboek

Besige Breintjies, Crafts, Toddlers, Kids activities, Homeschooling

Ja, daar is sowaar ‘n boek ingesluit! En die oulike ding is dat van die aktiwiteite uit die boks, in die boek ingesluit is… nuftige idee!

 

  • Skoenlappers wat kan vlieg

Besige Breintjies, Crafts, Toddlers, Kids activities, Homeschooling

Die skoenlapper afdrukke met die vormpie stempels en tot die roomysstokkies word allees voorsien!

 

Ek was baie beïndruk met dié program en kan dit sowaar as vet aanbeveel!

 

About KraftiMama

A path that started with infertility, took me on a Natural Living journey, which took me on a crafty path with my now 4 year old Twins. Spending time with them is my favorite hobby and that aligns so well with my love for arts and crafts. Learning has become lots of fun in this house and it has naturally come to a homeschooling environment that I would love to share with you along the way.

Leave a Reply