Hoe Leer Kinders die Alfabet?

Hoe Leer Kinders die Alfabet?
Hoe Leer Kinders die Alfabet?

Daar is verkeie maniere en opinies oor hoe die alfabet aangeleer moet word en alles is self vir my nuwe inligting… soos gesien in my inskrywing by die Werksblaadjie vir A-Appel het ek onlangs ‘n bietjie meer geleer oor die in- en uit van die Alfabet vir rakkertjies.

Eerstens leer kinders die beste wanneer hulle die klankie sê soos ons hom meestal uitspreek en soos hy in die meeste woorde voorkom, bv e is vir emmer en nie vir eend nie. Dit is goed om dit later vir kinders aan te leer dat e ook vir eend is, maar aangesien die grondfase by die “e is vir emmer” begin, verkies ek om dit eers daarby te hou.

Ek het nou al ‘n aantal programme en boeke ontdek wat ons mooi die alfabet in Afrikaans leer, maar dikwels leer dit die verkeerde klanke aan, en dikwels is dit ook die verkeerde skrif- ‘n troetel- frustrasietjie van my. Daar is twee verskillende maniere hoe ons letters vorm, en die beste vir klein beginnertjies is om dit te hou by die eenvoudige vorm, byvoorbeeld:Kraftimama Alfabet Afrikaans

Te veel krulletjies en draaitjies maak hulle deurmekaar en die verkeerde “font” kan dit vir hulle moeilik maak om die letter te herken. (Die eerste is ook nie die regte font nie, maar ek sal nog daarby kom.)

Dan is daar ook beter maniere om die alfabet aan te leer vir kindertjies deur die klanke in groepe te deel. Daar is 7 Groepe waarin letters gedeel word en dit word onderskei deur die manier hoe die letters gevorm word. Letters wat rond is gaan saam, letters wat skerp is gaan saam, letters wat lang beentjies het gaan saam ens. Die groepe onderskeidelik is soos volg (let wel dat ek nog nie die regte “font” het nie, kyk gerus na die klank groepe net vir interressantheid):
KraftiMama Free Printables, Uitdrukke Verniet, Klank Groepe

 

Glo my dit was nie maklik om die regte skrif te kry nie… Alles is of rond of skeef of het ronde hakies ipv skerp hoekies of ovaal rondings ipv ronde rondings… ai dit is ‘n magiese taak. Aangesien ek met ‘n Apple rekenaar werk en nie dieselfde fonts kan aflaai as Microsoft verbruikers nie, moes ek die font soek om te koop en ek mag dalk reggekom het met ‘n instansie in Suid-Afrika. Ek is nie 100% gelukkig met een of twee klein “details” nie en ook nie seker of hulle dit vir MAC gaan hê nie maar ek sal jul op datum hou!

About KraftiMama

A path that started with infertility, took me on a Natural Living journey, which took me on a crafty path with my now 4 year old Twins. Spending time with them is my favorite hobby and that aligns so well with my love for arts and crafts. Learning has become lots of fun in this house and it has naturally come to a homeschooling environment that I would love to share with you along the way.

Leave a Reply