Hoe Leer Kinders die Alfabet?

Hoe Leer Kinders die Alfabet?
Hoe Leer Kinders die Alfabet?

 

Daar is verkeie maniere en opinies oor hoe die alfabet aangeleer moet word en alles is self vir my nuwe inligting… soos gesien in my inskrywing by die Werksblaadjie vir A-Appel het ek onlangs ‘n bietjie meer geleer oor die in- en uit van die Alfabet vir rakkertjies.

Eerstens leer kinders die beste wanneer hulle die klankie sê soos ons hom meestal uitspreek en soos hy in die meeste woorde voorkom, bv e is vir emmer en nie vir eend nie. Dit is goed om dit later vir kinders aan te leer dat e ook vir eend is, maar aangesien die grondfase by die “e is vir emmer” begin, verkies ek om dit eers daarby te hou.

Ek het nou al ‘n aantal programme en boeke ontdek wat ons mooi die alfabet in Afrikaans leer, maar dikwels leer dit die verkeerde klanke aan, en dikwels is dit ook die verkeerde skrif- ‘n troetel- frustrasietjie van my. Daar is twee verskillende maniere hoe ons letters vorm, en die beste vir klein beginnertjies is om dit te hou by die eenvoudige vorm, byvoorbeeld:KraftiMama Klank Groepe, Homeschooling Afrikaans

Te veel krulletjies en draaitjies maak hulle deurmekaar en die verkeerde “font” kan dit vir hulle moeilik maak om die letter te herken. Kyk veral uit vir:

a- Verkeerde vorm

e- Boonste hoedjie moet skerp wees nie rond nie

G- Die strepie is nie altyd volledig dwars oor die vertikale strepie nie,

I- Daar kort twee strepies bo en onder dat dit nie soos ‘n kleinletter l lyk nie.

J- Dit kort ‘n strepie bo

K- Die twee diagonale strepies moet van dieselfde punt af begin, die onderste een moet nie uitloop uit die boonste een nie.

q- Daar kort ‘n diagonale strepie onder

t- Soms maak hulle nie ‘n krulletjie onder nie

u- Daar is nie altyd ‘n strepie tot heel onder aan die regterkant nie

y- Die bakkie moet rond wees en nie skerp nie

1- Daar kort ‘n strepie onder

4- Die strepie maak toe bo ipv om ‘n openingkie te los

9- Daar kort ‘n strepie bo

Dan is daar ook beter maniere om die alfabet aan te leer vir kindertjies deur die klanke in groepe te deel. Daar is 7 Groepe waarin letters gedeel word en dit word onderskei deur die manier hoe die letters gevorm word. Letters wat rond is gaan saam, letters wat skerp is gaan saam, letters wat lang beentjies het gaan saam ens.

Die groepe onderskeidelik is soos volg:

KraftiMama Klank Groepe, Homeschooling Afrikaans

Glo my dit was nie maklik om die regte skrif te kry nie… Alles is of rond of skeef of het ronde hakies ipv skerp hoekies of ovaal rondings ipv ronde rondings… ai dit is ‘n magiese taak. Aangesien ek met ‘n Apple rekenaar werk en nie dieselfde fonts kan aflaai as Microsoft verbruikers nie, moes ek die font koop. Indien jy dit soek, kontak my gerus en ek sal die kontak besonderhede van die verskaffer met jou deel.

Lekker leer en kyk uit vir daai skelm fonts!

Werkskaarte in die Alfabet reeks

Afrikaans Alphabet, Kleimat, Afteken, Homeschooling, KraftiMamaKraftimama Free Printables, Uitdrukke Verniet, A Apie

KraftiMama Free Printables, A werksblaaieKraftiMama Free Printables, Uitdrukke Verniet, C Coke

KraftiMama Free Printables, C D Kleimat en Afteken

KraftiMama Free Printables, C D werksblaaie

KraftiMama Free Printables, Afrikaans Alfabet

 

 

KraftiMama Free Printables, Afrkaans Alfabet, M, Maan

KraftiMama Afrikaans Printable, Alfabet, M,N,Q,R, Tuisskool

 

 

 

 

 

 

 

KraftiMama Free Printables, Afrkaans Alfabet, O, Otter

 

 

KraftiMama Afrikaans Werksblaaie Verniet, Free Printables

Leave a Reply