Category Archives: Afrikaans Alfabet

U vir bUs werkskaart en Kleimat

U vir bUs werkskaart en Kleimat
U vir bUs werkskaart en Kleimat

Daar is min woorde wat met ‘n U begin wat vir jou die regte klank gee so ek gee vir jou twee, bus en uil. Uil is nie heeltemal reg nie omdat dit met ‘n ui klank begin maar ek gee dit steeds vir die wat dit verkies. Kliek hier vir uil!  Read the rest of this entry

U vir Uil Werkskaart en Kleimat

U vir Uil Werkskaart en Kleimat
U vir Uil Werkskaart en Kleimat

Hiermee U vir Uil. Hierdie is nie vir my ideaal nie aangesien die in uil eintlik meer ‘n ui klank is en daarom gee ek ook bus wat meer foneties korrek is. Kliek hier om direk te gaan na bus. Read the rest of this entry

P vir Pan Werkskaart en Kleimat

P vir Pan Werkskaart en Kleimat
P vir Pan Werkskaart en Kleimat

Hiermee P vir Pan. Share asb op Facebook as jy aflaai, KraftiMama is afhanklik van Shares en likes op die Facebook blad vir die voortbestaan van die blog, dankie dat jy deel!

Read the rest of this entry

Afrikaans Alfabet M, N, Q en R Werksblaadjies en Kleimatte

Afrikaans Alfabet M, N, Q en R Werksblaadjies en Kleimatte
Afrikaans Alfabet M, N, Q en R Werksblaadjies en Kleimatte

Hier volg M en N (ja ek skip eers O en P want ek wou ook Q en R gee agv wat ek wou teken. Die alfabet neem lank, jammer ek weet dis verskriklik, geniet dit!   Read the rest of this entry

Hoe Leer Kinders die Alfabet?

Hoe Leer Kinders die Alfabet?
Hoe Leer Kinders die Alfabet?

 

Daar is verkeie maniere en opinies oor hoe die alfabet aangeleer moet word en alles is self vir my nuwe inligting… soos gesien in my inskrywing by die Werksblaadjie vir A-Appel het ek onlangs ‘n bietjie meer geleer oor die in- en uit van die Alfabet vir rakkertjies.

Eerstens leer kinders die Read the rest of this entry

Leer Kleuters Speel-Speel die Dae van die Week 

Leer Kleuters Speel-Speel die Dae van die Week 
Leer Kleuters Speel-Speel die Dae van die Week 

Toe ek klein was wou ek baie graag die dae van die week onthou en my suster het toe vir my die dae van die week soortgelyk aan hierdie “Printable” op ‘n halwe A4 geteken.

Ek sal dit nooit in my lewe vergeet nie en ek dink tot vandag toe nog soms aan Read the rest of this entry

Afrikaans Alfabet J-L Werksblaaie en Kleimatte

Afrikaans Alfabet J-L Werksblaaie en Kleimatte
Afrikaans Alfabet J-L Werksblaaie en Kleimatte

Hiermee J-L. Onthou soos altyd dat die Kleimatte geskik is vir voorksool, maar die werksblaaidjies vir Graad 1 en op is.

Om hierdie Werksblaaidjies verniet te hou is ek afhanklik van intekenaars en Facebook likes en shares. Dankie dat jy deel! Read the rest of this entry

Afrikaans Alfabet F-I Werksblaadjies en Kleimatte

Afrikaans Alfabet F-I Werksblaadjies en Kleimatte
Afrikaans Alfabet F-I Werksblaadjies en Kleimatte

Hiermee E- I se Werksblaaie en Kleimatte. Soos gewoonlik onthou dat die Werksblaaie te klein is vir kleuters wat eerder op die gelamineerde Kleimatte moet skryf met witbord merkers. Die Werksblaaie is geskik vir Graad 1 en op.

Read the rest of this entry

Afrikaanse Alfabet E Werksblad en Kleimat

Afrikaanse Alfabet E Werksblad en Kleimat
Afrikaanse Alfabet E Werksblad en Kleimat

Soos belowe, hier volg die res van die Alfabet stadig maar seker. Laat my weet hoe werk die nuwe formaat, ek het meer gehou daarvan dat hierdie blaadjies lyne en stippellyne aandui vir die verskille tussen Hoofletters en kleinletters sodat alles van grondfase af reg aangeleer word.

Onthou, die skryfblaadjie is nie geskik vir kleuters wat pas leer om te skryf nie, daarvoor werk die kleimatte lekker en as dit gelamineer word kan hulle lekker daarop skryf met witbord Read the rest of this entry

S Werksblaaie Son en Slak- Hersiende Font

S Werksblaaie Son en Slak- Hersiende Font
S Werksblaaie Son en Slak- Hersiende Font

Ek het uiteindelik die regte font gevind, hoera! Jammer om weer die werksblaaie te verander, maar die wat dit reeds uitgedruk het moet nie kommer nie, die voriges is steeds reg, daar was net toekomstige probleme met van die letters wat nou hersien is en vervang gaan word, maar die wat reeds gedoen is, is steeds 100% geldig.

Son is ‘n lekker maklike kort woord om S mee te behandel, maar ons het oulike slak boeke gekry by die biblioteek en het besluit om S vir Slak te doen.

Hiermee dus werksblaaie en Kleimatte vir slak en son, Geniet! Read the rest of this entry

C Hersiende Afdrukke- Afrikaans Alfabet Verniet!

C Hersiende Afdrukke- Afrikaans Alfabet Verniet!
C Hersiende Afdrukke- Afrikaans Alfabet Verniet!

Hiermee soos belowe die hersiende weergawe van C. C se klank word eintlik oorwegend soos die klank van K uitgespreek alhoewel dit nie die letter se naam is nie so ons sal gaan met C- Coke en dis sal die kind ook C lees as K.

Read the rest of this entry

Goed dan, A is nou maar vir Appel

Goed dan, A is nou maar vir Appel
Goed dan, A is nou maar vir Appel

Ek het lank vasgeskop teen A is vir Appel omdat almal dit so doen en ek wou myne anders hê, maar lyk my ek kan dit nie vryspring nie! My goeie vriendin Corlien, ‘n onderwyseres en eienaar van Oogappeltjies wat ook onlangs ‘n Tuisskool Mamma geword het, het my mooi gehelp met die klanke, en die manier hoe kindertjies die klanke aanleer.

Read the rest of this entry

Afrikaans Alfabet Verniet- A Hersien!

Afrikaans Alfabet Verniet- A Hersien!
Afrikaans Alfabet Verniet- A Hersien!

Het jy al ooit skielik in die nag wakker geword en iets onthou wat jy vergeet het… of iets besef wat jy nooit besef het nie?

Wel ek het nou al ‘n paar slapelose nagte gehad oor ek besef het dat my eerste letter van die Alfabet, nl A, nie foeneties korrek is nie! Ek probeer heeltyd uitvind hoe ek dit kon mis. Dit was immers my eerste kleintjie dood aan van die hulpbronne wat ek al afgekom het… dat die letters nie geleer word soos dit uitgespreek word nie, en daar doen ek dit sowaar met die heel eerste een sonder om dit te besef!

Read the rest of this entry