Hoekom het die lewe so moeilik geraak vir jong Mammas? In die verlede was dit maklik… of was dit nou moeiliker?? ‘n Baba is vir jou gegee en jy moes maar sien en kom klaar sonder al die informasie wat ons vandag op die tv, internet en in tydskrifte kry. Hierdie informasie is nou wel great vir my, maar omtrent alles is kontrasterend!
Gee jy ‘n dummy, gebruik die kinders nie jou vir comfort nie, maar jou plastiek plaasvervanger en word hulle emosioneel verwyderd, maar as jy dit nie gee nie dan suig hulle duim en sal hulle tandjies so skeef en regop uit hul mondjies groei en kan mense jou nie sommer maklik help om na hulle te kyk nie.
So jy moet basies kies of jy hulle verewig fisies of emosioneel gaan opvoeter.
(Ek gee maar net dummy omdat ek nie ‘n ander uitkoms gesien het met twee nie… dis net eenvoudig makliker.) Sit jy jou baba in ‘n kot gaan jy hulle verewig vernietig want hulle is alleen en niemand is daar vir hulle nie, maar as jy ‘n familie bed het (co-sleeping) sal hulle te afhanklik raak van jou en jy en jou man nooit weer tyd alleen hê in die bed nie. (Ek het besef nie een van daardie is waar nie so ek doen ‘n kombinasie tussen die twee.)
Dit is nou maar net klein voorbeeldjies en halwes daarby, maar daar is met elke liewe besluit, ‘n counter-besluit wat jou kinders minder of meer gaan opvoeter as die een wat jy besluit het. Jy weet nooit of jy die beter een gevat het nie… Somige van my besluite noem ek nie eers hier nie want dit sal party mense se hare laat rys, en ek is nogsteeds nie altyd seker of ek die regte ding doen nie.
Ek het altyd geglo aan matigheid in die lewe en dit probeer nastreef tot ek kinders gekry het! Hoe meet jy iets as daar nie ‘n maatstaf is nie?? Jy korrel en hoop maar dit kom reg uit… God wees met almal van ons. Amen!