Ek tel jou op my skoot en hou jou styf in my arms vas.
Dis so moeilik vir my want ek weet hoe jy oor hom voel…
Ek wys jou die nuwe dummy en sluk die knop in my keel.
Jou handjie vat dit geboei en bestudeer die nuwe voorwerp…
Met jou koppie inkennig op my skouer staar jy diep in my oë, ‘n dummy nou, in elke hand.
Maar net voor die oomblik vir my te groot raak gooi jy jou liefste op die vloer en hou die nuwe maat met ‘n gemaklike greep.
Sonder twyfel.
Sonder traan.
Sonder voorwaarde.
Maar ek pik ‘n traan, want my kindjie word elke dag nog ‘n bietjie groter en groter
En die pasgebore baba word elke dag ‘n bietjie verder en verder…
– Elsabé van der Colff