
‘n Gesonde liggaam, siel en gees is iets wat ek nog altyd nagestreef het, maar die afgelope twee jaar het God my elke keer terug getrek na fokus op ‘n NATUURLIKE liggaam, siel en gees.
Dit het alles begin met my infertiliteit. Na ‘n wye soeke van die oorsaak van my probleem het ek op ‘n stadium by “daai natuurlike mense” gedraai. Kyk ‘n gesondheidswinkel was nie altyd iets wat my opgewonde gemaak het nie… inteendeel die kruie- reuke en die rye en rye wit en groen labels met vreemde “griekse” woorde op was altyd vreeslik intimiderend en kon my nie langer daar binne hou as wat dit my sou vat om ‘n spesifieke item te koop nie. Ek skat ek het in verbruikerswese verval soos ons almal maar deesdae doen, want die labels was vir my so onaantreklik en het my nie gelok om iets van die rak af te haal nie…. iets wat ek nou jare later as ‘n positiewe sien in gesondheidswinkels nou dat ek die ware kleure van verbruikerswese sien.
Ek het in my soeke by ‘n vrou uitgekom wat my die honderdste kuur wou gee wat my infertiliteit sou genees… die keer het ek maar oorgegee en in haar gesondheidswinkel begin rond kyk en uitgevra en is gou bewus gemaak van al die chemikalië wat alles deesdae bevat en is ek daardie dag daar uit met R1000 se kosse en roompies, gereed om alles wat sleg is uit my huis te gooi. ‘n Week later was daar 10 halfgebruikte sakkies in my kas en maande later het ek 10 halfgebruikte sakkies weggegooi… dit was nie ‘n goeie begin tot my soeke na gesondheid nie en ek skat dit was ook nie die beste manier om dit te doen nie aangesien ek nie regtig self nagevors het oor die groot stap wat ek wou neem nie, maar net op ander se opinies vertrou het.
In die daaropvolgende twee jaar het ek baie gedink oor die sisteem van politiek, skool en kerk en hoe die rooms- katolieke in ander lande, en die NG kerk in SA alles beheer het en grotendeels beïnvloed het. Nie dat ek teen die NG kerk is nie, maar ek glo nie een enkele entiteit moet so baie mag hê nie, want dan kan niks ooit demokraties gebeur nie. Nie op politieke-, skool- of kerks- vlak nie.
Dit gaan ook nie vir my oor die rasse verhoudings nie, dit is maar net deel daarvan, dit gaan vir my oor hoe ons dink oor die lewe… wat vir ons normaal en aanvaarbaar is of was. Sien ons die hele prentjie of is ons halwe waarhede gevoer? Nadat ek baie oor politiek, skool en kerk gedink het, het ek self begin besef hoe alles wat op die rakke te koop is ook beïnvloed word deur ‘n handjie vol entiteite. Dis ‘n hele bose kringloop en ons is oningelig, of eintlik net onbewus (want dit staan tog op die label) van die newe effekte van wat alles in ons kosse is. Kyk moet my nie verkeerd verstaan nie… ek is maar lief vir ‘n ou sjokoladetjie en veral die van ‘n maatskappy wat met ‘n C begin, en ek sal nou nie verewig daarvan (of party ander ongesonde lekkernye) wegbly nie.
Mens moet steeds matig wees in die lewe maar ek besef dat ek ernstig sal moet begin kyk wat ek in my liggaam sit… nie net oor my gewig oor of oor my kinders se gesondheid nie, maar veral omdat ek ‘n toonbeeld van God moet wees in die wêreld. Jy kan nie gesond wees, as jy nie gesond is nie… as jy weet wat ek bedoel? Dit wat jy elke dag in jou liggaam sit moet gesond wees en die ongesonde dinge is ‘n bysaak en is nie veronderstel om die norm te wees nie.
Ek glo ook nie mens moet nou skielik alles uit jou huis gooi en ‘n nuwe begin maak nie. Soms doen mense dit en dit is wat werk vir hulle omdat hulle dit nodig het op daardie gegewe tydstip, maar vir my is sulke drastiese veranderinge moeilik om by te hou en ek glo daaraan om te begin met een ding op ‘n slag om so jou lewe stukkie vir stukkie te suiwer van binne en buite. Ons leef ook in die wêreld en soms moet ‘n mens maar ook bietjie aan negatiewe elemente blootgestel word om ‘n immuun op te bou. Navorsing toon bv. dat kinders met diere in die huis beter immuun stelsels het. “Recent studies show that children who grow up with pets in the house have stronger immune systems, resisting colds, flus, and infections more robustly than those who live in pet-free households.” http://healthyliving.msn.com/health-wellness/8-surprising-ways-pets-save-lives?pageart=2
Terug in die hede, Februarie 2013 is my seuntjie, Pieter gebore en hy het my ‘n hele nuwe uitkyk op die lewe gegee. Hy het op 4 maande erge ekseem ontwikkel en dit het my gebring op ‘n plek waar ek nooit gedink het ek sou wees nie, maar ek nou so dankbaar is, dat ek is! Hy het eintlik ons hele gesin se lewe verander. Ek was skielik gevorseer om van skoonmaak middels en baba produkte te verander omdat Pieter allergies is vir elke liewe seep of seep poeier wat op die gewone winkelrak beskikbaar is, net agv die chemikalië wat daarin is. Selfs al sou ek die produkte wou gebruik, kan ek nie. Hy slaan onmiddelik uit met rooi spikkeltjies en growwe ekseem as hy in aanraking kom daarmee, selfs al het ek hom net aan die slaap gemaak met ‘n mou wat daarmee gewas is. ‘n Homeopaat het drie verskillende soorte ekseem geidentifiseer by hom en sy het nog nie eers die ander twee rashes of die erge cradle cap (ook ‘n vorm van ekseem) gesien wat hy kry nie. Dit breek my hart so om hom so te sien sukkel… hy huil en krap sy ou velletjie stukkend! Ek kan nie anders as om my hele leefstyl te heroorweeg nie, en dit bring my toe terug by die “snaakse weird gesondheidswinkels”.
Die keer was dit toe wel nie meer so weird nie. Die reuke het intussen al vir my lekkerder geraak en die labels is nie meer so boring nie… Die beste van alles, is die pryse wat ook nie meer vir my so buitensporig was nie… ek kan nie help om te wonder of ons kettingwinkels en voedselmaatskappye nie nou al die pryse so vas begin maak het dat dit nou al die “duur” natuurlike produkte begin inhaal nie? Hierdie is wat ek betaal het vir my 100% chemikalië-vry produkte:
Ek moes vir 3 weke suiwel en wheat vry leef en het op ‘n paar resepte afgekom wat ook heel lekker is. Gluten vrye brood is lekkerder as wat ek gedink het en ek is juis nou besig om bestandele bymekaar te maak vir ‘n meer gevorderde broodjie wat ek wil maak wat lekkerder is as die Gluten vrye brood mengsels. Ek kan maklik so eet… ek doen dit nie permanent nie maar maak dit vir die huis wanneer ek kan, en selfs nageregte is baie lekker met rys-, aartappel-, tapioca-, millet- en quinea meel.
Vir Amandel melk as ‘n suiwel plaasvervanger gooi jy ‘n koppie amandels in water en los dit oornag. gooi dit saam met 4k water in ‘n blender. Laat dit deur ‘n kaasdoek of dun sif trek… lekker maar anders. Ek gebruik dit nou saam met shakes om my meer energie te gee deur die dag.
Volgende is tandepasta en haarprodukte… ek is maar lief vir my chemikalië as dit by hare kom want min dinge kan dié kop van my inbreek soos goeie sjampoo maar daar is goeie natuurlike oplossings wat ek nog so bietjie wil “explore”! Watch this space…