Ek het ‘n paar nuwe drukbare werkskaarte. Daar kom ook nog ‘n Middel Klank en twee Eindklank werkskaarte. Laat weet maar gerus as daar iets kort, ek het hulle so ‘n bietjie met ‘n Covid-brein gedoen. Ek is ook nie seker oor die spelling van Begin Klanke, Middel Klanke en Eindklanke nie. Soos ek verstaan kan dit met of sonder ‘n koppelteken wees, maar Eindklanke bly een woord? Help gerus in die “Comments” seksie!
Hierdie werkskaart gaan gepaard met ‘n Klanke Letters kaart wat ook uitgedruk moet word sodat die lettertjies geknip en geplak kan word. Dit is maar die begin van leer lees, so skryf is nie so belangrik vir hierdie aktiwiteit nie, maar alternatiewelik kan die kindertjies natuurlik hierdie stap uitskakel en net direk op die papier skryf.
Geniet!

