
Hiermee die Middel Klanke. As jy reeds die Klanke Letters afgelaai het kan jy dit uitlaat, indien nie, laai dit ook af onder die Middel Klanke.
Hiermee die Middel Klanke. As jy reeds die Klanke Letters afgelaai het kan jy dit uitlaat, indien nie, laai dit ook af onder die Middel Klanke.
Hiermee die tweede bladsy van die Begin Klanke. As jy reeds die Klanke Letters afgelaai het kan jy dit uitlaat, indien nie, laai dit ook af onder die Middel Klanke.
Ek het ‘n paar nuwe drukbare werkskaarte. Daar kom ook nog ‘n Middel Klank en twee Eindklank werkskaarte. Laat weet maar gerus as daar iets kort, ek het hulle so ‘n bietjie met ‘n Covid-brein gedoen. Ek is ook nie seker oor die spelling van Begin Klanke, Middel Klanke en Eindklanke nie. Soos ek verstaan kan dit met of sonder ‘n koppelteken wees, maar Eindklanke bly een woord? Help gerus in die “Comments” seksie!
Read the rest of this entryUiteindelik die res van die reeks. Jammer ek hoor een of twee van die links is gebreek, ek maak dit reg sodra ek kan, binne die volgende week behoort ek ook al die ou fonts te vervang het en al die links na elke letter afsonderlik opgedateer het. Geniet! Read the rest of this entry
Toe ek klein was wou ek baie graag die dae van die week onthou en my suster het toe vir my die dae van die week soortgelyk aan hierdie “Printable” op ‘n halwe A4 geteken.
Ek sal dit nooit in my lewe vergeet nie en ek dink tot vandag toe nog soms aan Read the rest of this entry
Ek het ‘n paar woordjies wat gelamineer en geknip kan word sodat klein beginnertjies woorde in die huis kan begin herken deur dit herhaaldelik op die voorwerpe te sien. Watter woorde sou jy wou byvoeg? Ek maak binnerkort weer een met al die nuwe woorde! Read the rest of this entry
Ek het lank vasgeskop teen A is vir Appel omdat almal dit so doen en ek wou myne anders hê, maar lyk my ek kan dit nie vryspring nie! My goeie vriendin Corlien, ‘n onderwyseres en eienaar van Oogappeltjies wat ook onlangs ‘n Tuisskool Mamma geword het, het my mooi gehelp met die klanke, en die manier hoe kindertjies die klanke aanleer.
Het jy al ooit skielik in die nag wakker geword en iets onthou wat jy vergeet het… of iets besef wat jy nooit besef het nie?
Wel ek het nou al ‘n paar slapelose nagte gehad oor ek besef het dat my eerste letter van die Alfabet, nl A, nie foeneties korrek is nie! Ek probeer heeltyd uitvind hoe ek dit kon mis. Dit was immers my eerste kleintjie dood aan van die hulpbronne wat ek al afgekom het… dat die letters nie geleer word soos dit uitgespreek word nie, en daar doen ek dit sowaar met die heel eerste een sonder om dit te besef!
Hiermee volg die werksblaaie C en D, die opvolg op A en B.