Afrikaans Alfabet A en B werkskaarte

July 7, 2016
Leer Alfabet, Afrikaans, A,B

Sorry folks, unless you want to teach your kids the Alphabet in Afrikaans, this one’s not for you. I’ll do the English alphabet some time or another, just bear with me OK!

So hierdie een is spesiaal vir ons Afrikaners, yay! Ek het oral gesoek vir Afrikaanse uitdrukke en dit is moeilik bekombaar as jy dit verniet wil hê so na ‘n lang gesoek het ek besluit ek sal dit dan maar vir ons ontwerp. Die prentjies is nie in kleur nie sodat dit kostes bespaar op ink en sodat jou kind dit sommer self kan inkleur.

Ek het amper B vir Bennie Boekwurm gemaak om dit meer eie aan ons kultuur te maak maar B vir Bal was ongelukkig net eenvoudig korter, so hier is die eerste twee… A en B.

Ek het genoeg herhalings van elke letter gemaak in drie lyne dat die kind kan hersien. Dit is dalk goed om elke dan en wan weer terug te kom na die begin om seker te maak hulle onthou dit nog.

Gesels met jou kind oor die “groot A” en die “klein a” en hoe elkeen lyk. Bring dit op in allerdaagse lewe, vra jou kind om die letter uit te wys. “Kan jy sien of daar ‘n “a” is in hierdie woordjie?” “Watter letter is hierdie nouweer?” Ek dink nie dis nodig om so vroeg soos 3 jaar te begin nie, maar vir pret het ek al met my tweeling begin en hulle geniet dit vreeslik om “a” vir my uit te wys. Vandag volg b!

Ek het eers oorweeg om die hoofletter en klein letter apart te hou maar het op die ou einde besluit dat dit goed is vir hulle om die twee saam te sien sodat hulle altyd met mekaar ge-assosieer kan word. Dit mag hul dalk langer vat om die alfabet te leer so, maar ek glo tog dit is van belang dat hulle dit op hierdie manier kan struktureer.

Met tyd sal ek nog ontwerp en dit hierby voeg. Teken in by my blog om seker te maak jy kry die hersiennings op hierdie post tot by Z.

Geniet dit!

NB, sien hersiende werksblad vir A- ark volgens korrekte foenetiese uitspraak!

Leer Alfabet, Afrikaans, AAfrikaans Alphabet, Kleimat, Afteken, Homeschooling, KraftiMamaLeer Alfabet, Afrikaans, A
Afrikaans Alphabet, Kleimat, Afteken, Homeschooling, KraftiMama

Leer Alfabet, Afrikaans, B


KraftiMama, Free Printables, Afrikaans Alfabet, A vir Appel

 

Leer Alfabet, Afrikaans, B

Ek het hierdie ook met my kinders gedoen met die Mr Price Chunky paint pens en dit was hope pret. Gaan na hierdie skakel vir die uitdrukke wat ook verniet bekombaar is.

Confessions of a Homeshchooler

 

Hierdie het ons ook gedoen met kryte. Kry dit verniet by:

The Measured Mom (Hoofletters)

The Measured Mom (Kleinletters)

(Let wel, net die kleimatte is geskik vir voorskool – die werksblaadjies is nie ideaal vir voorskool nie, gebruik dit slegs vir “groter” kleintjies wat alreeds die groot letters op die kleimatte baasgeraak het.)

Hierdie blad is afhanklik van “shares” op sosiale media om verniet te bly. Wees asb so vriendelik om te deel waar jy kan, dankie!

Ander Werkskaarte in hierdie reeks

Afrikaans Alphabet, Kleimat, Afteken, Homeschooling, KraftiMamaKraftimama Free Printables, Uitdrukke Verniet, A ApieKraftiMama Free Printables, A werksblaaieKraftiMama Free Printables, Uitdrukke Verniet, C CokeKraftiMama Free Printables, C D Kleimat en AftekenKraftiMama Free Printables, C D werksblaaieKraftiMama Free Printables, Afrikaans AlfabetKraftiMama Free Printables, Afrkaans Alfabet, M, MaanKraftiMama Afrikaans Printable, Alfabet, M,N,Q,R, Tuisskool

 

KraftiMama Free Printables, Afrkaans Alfabet, O, OtterKraftiMama Afrikaans Werksblaaie Verniet, Free Printables KraftiMama, Free Printables, Afrikaans Alfabet, T vir TasKraftiMama, Free Printables, Afrikaans Alfabet, U vir bUsKraftiMama, Free Printables, Afrikaans Alfabet, U vir UilKraftiMama, Free Printables, Afrikaans Alfabet, V vir VisKraftiMama, Free Printables, Afrikaans Alfabet, W vir Walvis

Afrikaans Alfabet, X, Y en Z Printables Free

19 Comments

  • Chanel

    October 21, 2016 - 11:30 am

    Hi ek is op soek na die res van die afrikaanse alfabet asb die van C-Z

    • KraftiMama

      October 21, 2016 - 11:54 am

      Hi Chanel. Ek is nog in die proses om alles te ontwerp soos ek my kindertjies leer. Hulle is nog maar net amper 4 so ons werk nie op ‘n vreeslike vinnige pas nie. Daar is egter nogal baie belangstelling in hierdie reeks so ek sal bietjie my boude wikkel en hierdie reeks klaar maak op ‘n vinniger pas. Watter 5 letters soek jy eerste dan sal ek solank daaraan begin werk?

  • Michelle

    April 26, 2017 - 3:15 pm

    Hi Chanel, het jy jou reeks al voltooi? Ek stel baie graag belang asb…

    • KraftiMama

      May 5, 2017 - 6:20 pm

      Hi Michelle, ek is bly jy hou daarvan! Ek is egter bietjie traag met die reeks, jammer! Ek ontwerp soos ek kans kry maar vind die tyd maar min. Hou maar dop vir updates, ekgaan dit vir seker klaarmaak. Sien ook “My Afrikaanse Avontuur” vir baie oulike werksblaaitjies.

  • Adri

    May 10, 2017 - 7:31 pm

    Hi Michelle, wat ‘n wonderlike idee van jou. Ek stel ook belang in die res van die alfabet. Wikkel vrou jy het ‘n wen resep hier!!!

  • KraftiMama

    May 10, 2017 - 8:00 pm

    Hi Adri, ai jong ek ontwerp dit soos ek vir my kinders leer en hulle is nog maar 4 ?. Ek besef wel die nood is groot en die lesers soek dit dringend… ek moet ek moet! Cheers Elsabe

    • Adri

      May 10, 2017 - 8:30 pm

      geniet elke oomblik hulle word so vinnig groot!!!!

  • Eudocia

    January 10, 2018 - 4:12 pm

    Jy is ‘n ster! Ek hou van mense met kreatiewe denke wat met sulke uitstekende idees tevore kom. Dit sal beslis handig wees vir Graad 1 en 2 juffrouens.

    • KraftiMama

      January 10, 2018 - 4:20 pm

      Ag baie dankie, ek hou van mense wat sulke oulike comments maak ?

  • Annette

    January 22, 2018 - 12:41 pm

    Baie bankie vir die werkvelle. Ek gebruik dit om my pa van 83 weer te leer skryf na ‘n lang siekbed. Ek sukkel dink die link vir L en K is gebreek aangesien dit nie oopmaak nie, net weer die prentjie vertoon. Het jy dalk J, O en N werkvelle of is dit nog in proses? Ek kan jou regtig nie genoeg hiervoor bedank nie, Jy is ‘n ster!

    Groete

    Annette

  • Adri

    March 3, 2018 - 7:01 am

    More Annette.

    baie dankie vir al jou moeite met die letters. Kan jy dalk vir my die link stuur vir die p? Hy wil nie oopmaak. My dogter geniet elke blaaitjie so ek wil graag dat sy ook die p doen. Groot asb.

    Lekker dag!
    Groete Adri

  • Joy-Mari Cloete

    June 26, 2018 - 3:38 pm

    Sjoe! Ek is in my noppies oor jou reeks! Is dit al volledig? Ek is beslis bereid om jou te betaal!

    • KraftiMama

      June 26, 2018 - 3:41 pm

      Hi Joy-Mari, die hele reeks is beskikbaar, Mahala! Kykna die prentjies onder op hierdie post en kliek gerus op die letter wat jy soek. Geniet!

  • Monique

    May 23, 2019 - 12:06 pm

    Hi Kraftimamma, jy is n ster. Ek benodig wel S. Kan jy groot asb stuur na Monique.jacobs@savinodelbene.com

    • KraftiMama

      May 23, 2019 - 12:36 pm

      Hi monique, jy kan s vir slak of s vir son in die”search” area druk dan sal dit opkom. As jy nie dadelik die pdf sien nie moet jy soms net n bietjie wag, veral as die internet stadig is. Groete KraftiMama

      • Monique

        May 23, 2019 - 12:39 pm

        Hi KraftiMama, duisende dankies, ek het reggekom 🙂

Leave a Reply

Related Posts

Pokemon Printable Birthday Card FREE!
Here is a FREE Pokemon Birthday card printable for you to print at home and give to your friend. Sign up for updates of many…
Read More
Make Laundry Day Fun for the Whole Family + Free Printable! *Guest Post by Emily Gibson*
When you were growing up, what was your favorite chore? Washing the dishes? Mowing the lawn? Laundry? Hearing the words “favorite” and “chore” in the…
Read More
10 Steps to Determine the Reading Level of Your Child *Guest Post*
The average American reads 12 books a year. That’s one book per month. However, not everyone is able to determine the appropriate reading level of…
Read More
Skrif Oefeninge 1
Uiteindelik kom ek uit by my Skrif Oefeninge reeks! Hierdie oefeninge is baie goed vir fyn motoriese funksies… herhinner kleintjies om van links tot regs…
Read More
Middel Klanke 1
Hiermee die Middel Klanke. As jy reeds die Klanke Letters afgelaai het kan jy dit uitlaat, indien nie, laai dit ook af onder die Middel…
Read More
Begin Klanke 2
Hiermee die tweede bladsy van die Begin Klanke. As jy reeds die Klanke Letters afgelaai het kan jy dit uitlaat, indien nie, laai dit ook…
Read More
Follow

Get the latest posts delivered to your mailbox:

UA-67822085-1
%d bloggers like this: