Het jy al ooit skielik in die nag wakker geword en iets onthou wat jy vergeet het… of iets besef wat jy nooit besef het nie?
Wel ek het nou al ‘n paar slapelose nagte gehad oor ek besef het dat my eerste letter van die Alfabet, nl A, nie foeneties korrek is nie! Ek probeer heeltyd uitvind hoe ek dit kon mis. Dit was immers my eerste kleintjie dood aan van die hulpbronne wat ek al afgekom het… dat die letters nie geleer word soos dit uitgespreek word nie, en daar doen ek dit sowaar met die heel eerste een sonder om dit te besef!
Ek was so moeg vir A- appel dat ek dit probeer mis het en sowaar op A- Apie uitgekom het.
Apie word immers met ‘n dubbel aa uitgespreek so dit sal dus nie werk vir my nie!!! Hiermee gee ek dus die hersiende blaadjie van die letter A.
Jammer, jammer, jammer! Ek pleit ouerskap…
Kliek op die prentjies om af te laai!
Geniet jy KraftiMama se verniet afdrukke? Om dit verniet te hou het ek baie oë nodig op hierdie blog so dit sal so gaaf wees as jy dit deel op Facebook en my Page like, dankie by voorbaat!
(Let wel, net die kleimatte is geskik vir voorskool – die werksblaadjies is nie ideaal vir voorskool nie, gebruik dit slegs vir “groter” kleintjies wat alreeds die groot letters op die kleimatte baasgeraak het.)
Hierdie blad is afhanklik van “shares” op sosiale media om verniet te bly. Wees asb so vriendelik om te deel waar jy kan, dankie!
Ander Werkskaarte in hierdie reeks
2 Comments
Letitia Pienewald
May 7, 2020 - 2:38 pmBaie dankie vir hierdie oulike alfabet trys werkskaarte. Hulle is stunning!
KraftiMama
May 7, 2020 - 2:55 pmGroot plesier en dankie vir jou dankie!