This is part of an Afrikaans Printable series.
Hier is lekker kleimatte om hierdie A en B Alfabet afteken afdrukke te vergesel. Druk dit uit en lamineer.
Nou kan jou kleuter die letters vorm met klei, of nie-permanente merker gebruik om die lekker groot letters af te teken. Vee af met n natlappie en probeer weer!
Die Werksblaaitjies is nie geskik vir voorskoolse skrywertjies nie, die skrif is te klein en meer gemik op Graad 1 en op.
Idee: Pons gaatjies in die gelamineerde afdrukke en maak ‘n leêr waarin jy die hele alfabet kan plaas. So kan kindertjies die hele alfabet een vir een deurwerk tydens spel.
Geniet jy KraftiMama se verniet afdrukke? Om dit verniet te hou het ek baie oë nodig op hierdie blog so dit sal so gaaf wees as jy dit deel op Facebook en my Page like, dankie by voorbaat!
NB, sien hersiende kleimat vir A- ark volgens foenetiese uitspraak!
Sien ook my A en B Alfabet werkskaarte
(Let wel, net die kleimatte is geskik vir voorskool – die werksblaadjies is nie ideaal vir voorskool nie, gebruik dit slegs vir “groter” kleintjies wat alreeds die groot letters op die kleimatte baasgeraak het.)
Hierdie blad is afhanklik van “shares” op sosiale media om verniet te bly. Wees asb so vriendelik om te deel waar jy kan, dankie!
Ander Werkskaarte in hierdie reeks