Ek het uiteindelik die regte font gevind, hoera! Jammer om weer die werksblaaie te verander, maar die wat dit reeds uitgedruk het moet nie kommer nie, die voriges is steeds reg, daar was net toekomstige probleme met van die letters wat nou hersien is en vervang gaan word, maar die wat reeds gedoen is, is steeds 100% geldig.
Son is ‘n lekker maklike kort woord om S mee te behandel, maar ons het oulike slak boeke gekry by die biblioteek en het besluit om S vir Slak te doen.
Hiermee dus werksblaaie en Kleimatte vir slak en son, Geniet!
Slak Werksblaaie
Pak die S uit met klei of skryf daarop met ‘n witbord merker en vee weer af. Al die kleimatte kan gelamineer word en in een leër geplaas word dan kan die kind self deur dit werk en die letters met die prentjies assosieer.
(Let wel, net die kleimatte is geskik vir voorskool – die werksblaadjies is nie ideaal vir voorskool nie, gebruik dit slegs vir “groter” kleintjies wat alreeds die groot letters op die kleimatte baasgeraak het.)
(Let wel, net die kleimatte is geskik vir voorskool – die werksblaadjies is nie ideaal vir voorskool nie, gebruik dit slegs vir “groter” kleintjies wat alreeds die groot letters op die kleimatte baasgeraak het.)
Hierdie blad is afhanklik van “shares” op sosiale media om verniet te bly. Wees asb so vriendelik om te deel waar jy kan, dankie!
Ander Werkskaarte in hierdie reeks
2 Comments
Stephanie van Twisk
August 7, 2023 - 9:22 amEk kry nie die Slak S kaart op PDF nie, hy maak dadelik net oop op die web en gee nie ‘n PDF weergawe nie.
Baie dankie vir al die Werksblaaie. Dit is perfek!
KraftiMama
August 7, 2023 - 12:13 pmHi, al die werkvelle is by die menu button “Afrikaans Alfabet Printables.” Die direkte skakel vir Slak is https://kraftimama.com/2017/04/27/s-werksblaaie-son-en-slak-hersiende-font/
Greote,
KM