Toe ek klein was wou ek baie graag die dae van die week onthou en my suster het toe vir my die dae van die week soortgelyk aan hierdie “Printable” op ‘n halwe A4 geteken.
Ek sal dit nooit in my lewe vergeet nie en ek dink tot vandag toe nog soms aan die prentjies wanneer ek die dae sê!
Dit werk so…
Elke dag se prentjie verwys na hoe die woord klink, nl:
- Maan- Maan
- Dins- Dans
- Woens- Woedend
- Don- Donderweer
- Vry- Vry
- Sat- Sat (dalk moeilik om sat te onderskei van woedend maar wees maar beskrywend, ek het bv moedeloos gebruik om sat te beskryf en kwaad om woedend te beskryf)
- Son- Son
Hier is’n blaadjie wat jy kan uitdruk en lamineer. Druk 2 uit en lamineer albei dan kan jy een knip op die lyne om ‘n paring- speletjie speel met die dae en die prentjies, asook assosiering van die woordjies bo-op die heel blaadjie veral vir eerste lesertjies.
Geniet!
Hierdie blad is afhanklik van “shares” op sosiale media om verniet te bly. Wees asb so vriendelik om te deel waar jy kan, dankie!
Alfabet Werkskaarte beskikbaar:
(Let wel, net die kleimatte is geskik vir voorskool – die werksblaadjies is nie ideaal vir voorskool nie, gebruik dit slegs vir “groter” kleintjies wat alreeds die groot letters op die kleimatte baasgeraak het.)